Eter (chemie)

Algemene struktuur van 'n etermolekuul

Eters is organiese verbindings wat deur 'n R-O-R’ funksionele groep gekenmerk word. Hulle vorm gebuigde molekule. Die R-O-R’-hoek is gewoonlik ongeveer 112 grade.

R en R’ kan dieselfde groep verteenwoordig soos in diëtieleter CH3CH2OCH2CH3, wat die bekendste verteenwoordiger van hierdie klas verbindings is, maar hulle kan ook verskillend wees, soos in etielmetieleter CH3OCH2CH3. Hulle word tradisioneel met 'n agtervoegsel -eter na die twee groepe, byvoorbeeld R=etiel en R’=metiel genoem. Die huidige IUSTC-benaming beskou die kortste R-O- groep as 'n syketting en noem CH3OCH2CH3 metoksi-etaan en CH3CH2OCH2CH3 etoksi-etaan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search